Vin Diesel

Vin Diesel
Vin Diesel in 2013
Vin Diesel in 2013

Geboortenaam Mark Sinclair
Geboorte 18 Julie 1967 (1967-07-18)
Alameda Country, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Delora Sherleen Vincent (moeder)
Lewensmaat Paloma Jimenez (2007–hede)
Kinders 3
Beroep(e) Akteur, vervaardiger, regisseur, draaiboekskrywer
Aktiewe jare 1990–hede
Webwerf vindiesel.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Mark Sinclair[1][2] (gebore 18 Julie 1967), beter bekend onder sy verhoognaam, Vin Diesel, is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en draaiboekskrywer. Hy is bekend vir sy rol as Dominic Toretto in die The Fast & the Furious-filmreeks en Richard B. Riddick in die The Chronicles of Riddick-reeks. Hy was ook 'n vervaardiger van albei se opvolgreekse.

Diesel het ook in films soos xXx (2002) en Find Me Guilty (2006) gespeel. Sy stem is in The Iron Gaint (1999), die videospeletjieweergawes van die The Chronicles of Riddick-franchise, en Guardians of the Galaxy (2014) gebruik. Hy het die kortfilm Multi-Facial geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Hy is die stigter van die produksiemaatskappye One Race Films, Racetrack Records en Tigon Studios.

  1. Mark Sinclair birth record, California Birth Index.
  2. "Diesel breaks silence over Walker".

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy